THE KINGDOM HOTEL

Nuutste hotel by die Victoria-watervalle en die naaste hotel daaraan.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Kingdom Hotel - Algemeen

 

Die Kingdom Hotel in Zimbabwe is ‘n luukse hotel aan die Zimbabwiese kant van die Victoria-watervalle. Die oord is die ideale keuse vir die besoeker wat op soek is na die geriewe van ‘n luukse hotel, ‘n pragtige natuuromgewing (soos die Victoria-watervalle), asook hotelvermaak soos ‘n casino, spa, talle restaurante en aktiwiteite vir kinders.

 

Die Ligging

Hierdie hotel is geleë in die sentrum van die Victoria-vallei en is 5 minute loop afstand van die magtige Victoria-waterval en slegs 20km van die Victoria-vlughawe. 300 Parkwegrylaan, Victoria-waterval, Zimbabwe

 

Akkommodasie

Die argitektuur van die luukse Kingdom Hotel in Victoria Falls stem ooreen met dié van die stad van Munhumutapa, hoofstad van ‘n antieke beskawing in Zimbabwe. Die akkommodasie by die Kingdom Hotel is waarlik luuks. Gaste word in 294 kamers gehuisves: 4 suites; 112 kamers met koningsgrootte beddens; 102 koningin-grootte beddens; 34 met koningsgrootte- en stapelbeddens; asook 40 met twee enkelbeddens en stapelbeddens. Al die kamers is en suite, en toegerus met lugversorging, satelliet-TV, telefoon, haardroër, kluis en tee/koffiestasie.

 

 

Aktiwiteite

Saam met ‘n verskeidenheid restaurante (Whitewaters, die Burger Place, Thundercloud Spur, die Sweet Hut en Panarotti’s pizzeria), kroeë (Rapids Pool Bar, Quartermains Bar, Wild Thing Action bar, die “Pit”), casino (met slotmasjiene, “Black Jack” en Amerikaanse Roulette) en vier swembaddens, bied die luukse Kingdom Hotel in Victoria Falls, Zimbabwe ook ‘n besigheidsentrum en Internet-kafee, spa en skoonheidsalon, haarsalon, ‘n kinderspeelgrond met toesig, snuisterywinkels, en 24-uur kamerdiens. Rekeninge vanaf die restaurante en kroeë kan almal met een gesamentlike betaling vereffen word.

Victoria Falls in Zimbabwe is een van die erkende hoofstede van die adrenalienverslaafdes. Daar is “flips” met ‘n ligte vliegtuig oor die Valle, “white river rafting” en kajakroei op die Zambezi-rivier, rekspronge (“bungi-jumping”) van die treinbrug by die watervalle (vir die dapper siele), olifantritte, of swem in die “Duiwel se Poel” (‘n klein rotspoeletjie reg op die rand (“lip”) van die Victoria-watervalle. Laasgenoemde is sekerlik een van daardie ondervindings wat ‘n mens vir die res van jou lewe onthou!